Handelshuis verkoop nie net produkte nie, maar ook stories.

Handelshuis verkoop nie net produkte nie, maar ook stories.

Wanneer jy deur die deure stap van enige De Afrikander Handelshuis winkel, is dit nie net produkte wat jy voor jou sien nie. Dit is ‘n stukkie Suid-Afrikaanse geskiedenis voor jou wat jy huis toe kan neem.

In vandag se tyd is meeste produkte massavervaardig, maar by Handelshuis sit ons vakmanskap, kwaliteit en betekenis in ons produkte.

n Verhaal agter elke produk

Leerprodukte vertel die verhaal van merke wat met trots gedra word. Met tyd word ‘n unieke voorkoms aan hierdie leer produkte ontwikkel wat nie deur sintetiese materiale nageboots kan word nie. Leerprodukte hou dekades lank en kan dikwels oorgedra word van geslag tot geslag.

Emaljebekers vertel nou weer ‘n ander storie. Dit is meer as net ‘n beker. Dit is ‘n herinnering aan die vlamme van die kampvuur of ‘n lekker vroegoggend-koffie in die bosveld.

Erfenis in gebruik

Erfenis lewe nie net in geskiedenisboeke of museums nie, dit leef in alledaagse gebruiksitems. Ons produkte is nie net mooi om na kyk nie, dit is ook gemaak om gebruik te word en nuwe herinneringe te help skep. Van ‘n houtsnybord tot ‘n lekker pakkie Darling Sweet-toffies wat tussen vriende gedeel kan word, is dit alles ‘n ondervinding wat herinnering skep.

Meer as net ‘n winkel

Ons winkel geleë op een van Suid-Afrika se bekendste erfenisterreine, die Voortrekkermonument, fokus op stories en tradisies wat voort lewe in ons deur nostalgiese items. Tradisionele voortrekker kappies, outydse ketties en egte leer hoede is maar net ‘n paar van die tydlose klasieke produkte wat in die winkel gevind kan word.

Wanneer iemand ‘n produk by De Afrikander Handelshuis koop, van kinders tot bejaardes, koop hulle egter nie net die produk nie, hulle koop ‘n verhaal om saam met hul huis toe te neem.

Geskryf deur: Luzandri Engelbrecht

 

Back to blog