Hy was ‘n vurige voorstander van die behoud van Nederlands as kultuurtaal vir die Afrikaner.
Hy het ‘n leidende rol gespeel in die stigting van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst wat op 2 Julie 1909 opgerig is.
Was onderbevelvoerder van die leër van die Oranje-Vrystaat.
In 1895 het hy regter in Bloemfontein (Oranje-Vrystaat) geword.
Was ‘n groot voorstander van guerrilla-aksies teen die Engelse.
Hy is tydens die Tweede Boereoorlog (1899-1902) van kommandant tot generaal in rang bevorder.
Hy was een van die oprigters van die Orangia Unie Party wat hom ten doel gestel het om die Afrikanerkultuur te behou met heftige verset teen assimilasie met die Engelse.
Hy was vir 33 jaar parlementslid .
Hertzog was ‘n teenstander van Suid-Afrikaanse deelname aan die Tweede Wêreldoorlog.
Was een van die ondertekenaars van die Vrede van Vereeniging in 31 Mei 1902.