Oor ons

'n Winkel wat gemeenskap bou

De Afrikander Handelshuis is reeds in 2013 deur Charl en Liza-Mari Oberholzer begin. Dit het ‘n nederige begin gehad as ‘n stalletjie by landbou-skoue en feeste wat trots Suid-Afrikaanse t-hemde verkoop. In 2017 is die sowat 160m2 winkel by die Voortrekkermonument geopen waar De Afrikander Handelshuis skielik nie net die plaaslike mark nie, maar ook buitelandse toeriste begin bedien het.

De Afrikander Handelshuis het al meer produkte self begin ontwikkel en ‘n aparte handelsnaam, Republk, is in 2019 geloods. Republk het begin om produkte grootmaat aan ander geskenk, buitelewe -en toerisme winkels te lewer soos die Kruger Wildtuin en Safari Outdoor landswyd en verskaf vandag aan sowat 180 winkels produkte regoor Suid-Afrika. In dieselfde jaar het De Afrikander Handelshuis ‘n nuwe winkel by die Johannesburg dieretuin, naamlik This is Africa, oopgemaak. In 2021 het Handelshuis 'n kleiner konsep winkel in 'n museum by die Voortrekkermonument oopgemaak. In 2023 het 'n Handelshuis by die Linton's Corner winkelsentrum in Pretoria Oos geopen en 2024 het die vierde winkel in Woodlands Boulevard oopgemaak.

De Afrikander Handelshuis is 'n groep besighede wat almal dieselfde doel het – om mense te laat tuis voel.

  • Afrikaans in ons DNS

    Ons DNS is Afrikaans, met ’n Afrikaner werksetiek en ’n trots op ons eie kultuur. Die naam van De Afrikander Handelshuis is afkomstig van die eerste Afrikaner, Hendrik Biebouw, se woorde in 1707: “Ik ben een Afrikander”. Ons doel is dat alle gemeenskappe tuis voel in ’n Handelshuis winkel en dit kan assosieer met betroubaarheid. Soos wat Italiaanse restaurante wêreldwyd iets van die Italiaanse kultuur verteenwoordig, en bestaan nie net vir Italianers nie maar juis om die assosiasie met Italië by almal anders te versterk - so wil Handelshuis ook maak. Handelshuis wil ’n kultuur uitbou juis deur dit toeganklik te maak vir almal anders. 

  • ’n Nuwe kategorie

    Ons wil die kategorie van geskenke in die kleinhandel-omgewing nie net besit nie, maar verhoog. Soos wat Stor-Age ’n betroubare en herkenbare handelsnaam geword het in sy kategorie, en WeBuyCars die tweedehandse-motorverkope industrie gelig het, of Gary Rom betroubaarheid tot die haarkapper-industrie kon verleen - so standardiseer Handelshuis die gehalte wat verwag word wanneer iemand ’n geskenk koop. Maar Handelshuis gaan ’n stap verder, ons is nie net deel van ’n kategorie nie maar skep ’n nuwe kategorie waar produkte betekenis het, waar geskenke weer stories vertel en waar mense kan tuis voel in ’n omgewing waar gehalte seevier.

  • Minder keuses, meer waarde

    In ’n wêreld waar mense meer koop-keuses het as ooit en maklik toegang het tot duisende geskenkidees - soek Handelshuis die beste uit namens jou. Uitgesoekte hoë gehalte en skaars produkte wat betekenis het. In ’n wêreld van meer, boet mense dikwels in op waarde. Handelshuis maak geskenke weer waardevol.