
10 Unieke geskenke by Handelshuis
Share
Geskryf deur: Jean-Pierre Cilliers
Geskenke is veel meer as net mooi papiertjes en strikke-dit is simboliese gebare van liefde, waardering en verbondenheid. Of dit nou ’n klein handgemaakte item of ’n Luukse verrassing is, elke geskenk dra die boodskap: ‘’Ek het aan jou gedink’’. Deur die daad van gee, bring ons vreugde aan ander, versterk ons verhouding en herinner ons mekaar aan die waarde van opregte omgee. Geskenke hoef nie altyd duursaam te wees nie; dit is die gedagte en betekenis agter die geskenk wat dit werklik spesiaal maak.
En hier by Handelshuis is Geskenke ons spesialiteit. Of dit nou iets kleins en eg Suid-Afrikaans is wat jy vir ’n geliefde in die buiteland soek, of ’n verjaarsdag-geskenk wat verseker iemand se dag sal maak, ons het iets vir elkeen, klein of groot, oud en jonk. Hier is ’n paar oulike geskenkidees wat Handelshuis jou bied.
Unieke Suid-Afrikaanse Sleutelhouers: Die perfekte klein geskenk wat in ’n reisigerstas kan pas. Hierdie sleutelhouer met sy pragtige wit agtergrond, in die vorm van Suid-Afrika se landsgrense, is die ideale geskenk wat jy ter enige tyd by jou kan dra.
Jenny Boon Jakarande Kunswerke: As jy opsoek is na ’n geskenk wat jou herinner aan Pretoria dan is hierdie afdrukke presies wat jy benodig. Dit beeld die pragtige tonele uit, wat jaarliks in Oktobermaand Pretoria se strate in pers beklee. Geskep deur plaaslike kunstenaar Jenny Boon en beskikbaar in onderskeidelik A3, A4 en A5 groottes is hierdie dalk presies die regte geskenk vir nostalgiese Pretorianers of kunsliefhebbers.
Enamel Koffiebekers: Daar is niks wat soveel herinneringe na die plaaslewe oproep as ’n lekker koppie koffie uit ’n staalbeker nie. So as jy opsoek is na die gepaste geskenk vir ’n boer of iemand wat lief is vir die buitelewe, dan is hierdie wit enamel bekers, presies wat jy benodig. Hul kom voor in unieke afdrukke met ondermeer ’n Afrikanerbul, die nuwe Groot Trek en Braaiklub wat voorop verskyn.
Body Craft Bath Slabs: Mens kan nooit verkeerd gaan met ’n lekkerruik ‘’bathslab’’ nie. En boonop kom hierdie produk voor in die vorm van ’n sjokoladestaaf. En met unieke Suid-Afrikaanse geure soos Creamsoda en Melktert, beloof dit om ’n unieke geskenk vir badliefhebbers te wees.
Ina Lessing Geskenkbottels: Hierdie 600g bottels wat ’n verskeidenheid koekiegeure soos ondermeer: Koffiekoekies, outydse-soetkoekies en Vlakoekies bevat, is presies wat jy nodig het om daai soettand in jou lewe te bederf.
Baba Kombersies: Die perfekte geskenk vir ’n ooievaarstee of ’n nuwe kleinkind wat oppad is. Hulle kom voor met ’n verskeidenheid van patrone wat dit ’n ideale toevoeging maak vir die babakamer.
Classy Kitchen Braai Bokse: Die perfekte kombinasie van Braaispiserye in een boks. As jy enige braaimeester se dag wil maak dan is hierdie bokse presies die geskenk wat jy benodig!
Vehicle Toolset vir Seuntjies: Wanneer jy opsoek is na ’n speelding om die jongman se hande besig te hou, terwyl hy ook self leer hoe om met gereedskap te werk, dan is hierdie speelgoedstelletjies net die een vir jou. Dit kom gepas met klein stukke gereedskap waarmee die speelgoed uitmekaar gehaal kan word en dan weer aanmekaar gesit kan word.
Republk Sokkies: Met ’n wye reeks opsies om van te kies en keer, is ons Republk sokkies die perfekte geskenk vir man of vrou. Kry die paar wat jou herinner aan jou gunsteling Suid-Afrikaanse maak, of dit nou ZamBuk salf of NikNaks is. Hierdie sokkies beloof om die beste geskenk te maak vir warm voete in die winter.
Kaapse Fynbos Juwele: Stel jou voor ’n hangertjie of ’n paar oorbelle, versier met die mooiste Fynbos Blommetjies. Hierdie is die perfekte geskenk as jy iets van Suid-Afrika altyd by jou wil dra. Met ’n verskeidenheid om van te kies vir dames oud en jonk, is hierdie ook die ideale geskenk vir familie en vriende in die buiteland.
Al hierdie produkte is beskikbaar by enige van ons Handelshuiswinkels en as jy gratis aansluit by ons lojaliteitsprogram, kan ons enige geskenk vir jou gratis toedraai!