Vellies – spore van ’n erfenis wat deur generasies voortleef.
Share
In Suid-Afrika se verhaal is daar iets diep ingeweef - ‘n lekker paar vellies. Van plattelandse stofpaaie tot besige stadstrate word dit met trots deur Afrikaners, oftewel Boere, gedra. Vellies is ‘n deel van ons landskap, ons kultuur en ons manier van leef: eenvoudig, sterk en gemaak om te hou.
Agtergrond
Die naam “vellies” kom van die woord “vel”, omdat dit tradisioneel van egte leer gemaak is. Die ontwerp is eenvoudig en prakties - lig genoeg is vir lang dae op die voete, maar sterk genoeg om enige terrein aan te pak.
Met die verloop van tyd het vellies veel meer as net ‘n skoen geword. Dit het ‘n simbool van Suid-Afrikaanse vakmanskap, karakter en deursettingsvermoë geword. Elke paar vertel die verhaal van mense wat glo dat gehalte belangriker is as kitsmode en dat goed gemaakte produkte oor geslagte heen waarde behou.
Vandag
Vandag word vellies oral gedra - deur boere, studente, kunstenaars en selfs klein kindertjies. Hulle pas feitlik by enige geleentheid: om die braaivleisvuur, op ‘n staproete, by die kantoor of selfs jou vriendin se boetie se verjaarsdag.
De Afrikander Handelshuis stap graag hierdie spore saam met ons tydlose Republk-vellies. Vellies word net mooier met die jare – soos die stories vastrap. Elke merk, elke vou en elke tree vertel iets van die pad wat geloop is.
Spore in die grondpad verdwyn na ‘n goeie reënbui, maar die spore wat vellies deur geslagte trap, bly deel van wie ons is.
- Luzandri Engelbrecht